Page 77 - Quran in Afrikaans
P. 77
237; En ~s julie van hul skei voordat julie hul aangeraak het, maar
reeds n brmdskat vasgestel het, skenk dan die helfte van wat vasgestel
is, tensy hulle dit kwytskel, of hy wat die huweliksband in sy hand
het daarvan afstand doen. En as julie daarvan afstand doen staan die
daad hoer in godsvrug. En vergeet ook nie om geskenke van goed-
gesindheid21 aan mekaar te gee nie. Voorwaar, Allah sien wat julie doen.

238. Waak oor julie gebede en oor die uitmuntendste gebed, en stel
julselfmet eerbied voor Allah.

239. Maar as julie in gevaar verkeer, bid dati terwyl julie loop of ry,
maar wanneer julie veilig is, dink dan aan Allah soos Hy julie geleer
het toe julie nie geweet het nie.

240. En die van julie wat sterf en vroue agterlaat, moet ten gunste
van hulle testamente maak vir lewensonderhoud vir een jaar, sonder
dat hulle uitgesit word. En as hulle vanself weggaan dan sal julie
sonder skuld wees, omdat hulie dit aan hulself op 'n wettige wyse ge-
doen het. En Allah is Almagtig, Alwys.

241. En vir geskeie vroue moet daar billike voorsiening gemaak
word. Dit is 'n verpligting vir die godvrugtiges.

242. Allah maak Sy boodskappe op hierdle wyse aan julie bekend,
sodat jul mag verstaan.

Ajdeling 32 ยท Stryd betrejfende die Waarheid

243. W eet julie nie van hulle - en hulle was duisende - wat uit vrees
vir die dood hul huise verlaat het nie 1 Allah het vir hulie gese: Sterf!
Daama het Hy hulie die lewe geskenk. Voorwaar, Allah verleen ge-
nade aan mense, maar die meeste van hulie is ondankbaar.

244. En stry in die weg van Allah, en weet dat Allah Alhorend, Al-
wetendis.

245. Wie 'n goeie daad aan Allah afstaan, vir Hom sal Hy dit groot-
liks vermenigvuldig. En Allah ontvang en vermeerder, en na Hom sal
julie teruggebring word.

246. Weet julie nie van die leiers van die kinders van Israel na
Moses nie1 Hoe hulle aan een van hul profete gese het: Stel oor ons 'n
koning a.an dat ons vir die saak van Allah kan veg. Hy het geantwoord:
Kan dit nie wees dat julie onwillig sal wees om te veg wanneer julie
daartoe beveel word nie 1 Hulle het gese: W aarom sal ons nie vir die
saak van Allah veg nie, noudat ons reeds van ons huise en ons kinders

27. Die fadl

29
   72   73   74   75   76   77   78   79   80   81   82