Page 13 - Quran in Afrikaans
P. 13
DEEL I

HOOFSTUK I

DIE AANHEF

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.
r. Alle lofkom Allah toe, die Heer van~dieWerelde,
2. die Barmhartige, die Genadige, ·
3. Meester van die Oordeelsdag.
4· U aileen aanbid ons, en U aileen smeek ons om hulp.
5· Lei ons op die regte weg,
6. die weg van hulle aan wie U guns bewys het;
7. nie die weg van hulle op wie U toom neergedaal het, of die weg

van hulle wat afgedwaal het nie.

HOOFSTUK II

DIE KOEI

Ajdeling 1 • Die Grondbeginsels vati Islam

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.
1. Alif Laar'n Miem.1
2. Hierdie Boek, waarin geen twyfel is nie, is 'n rigsnoer vir die

pligsgetroues,
3. wat in die onsienlike dinge glo, die gereelde gebed onderhou, en

goed doen met die dinge waarmee Ons hulle begunstig het,

I. Ek is Allah die · Alwetende

3
   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18