Page 18 - Quran in Afrikaans
P. 18
20. Die weerligstrale. ontneem hulle byna die gesig. Telkens met 'n
blits,loop hulle in die lig daarvan, maar wanneer dit rondom hulle dan-
ker word, staan hulle stil. En as dit Allah behaag, kan Hy hul gehoor en
hulle gesig wegneem. W aarlik, Allah het mag oor aile dinge.

Ajdeling 3 • Die Goddelike Eenheid

2 I. 0 mense, dien julle Here wat julle en jul voorgeslagte geskape
het, sodat julle behoue mag bly.

22. Dit is Hy wat ·die aarde as 'n rusplek vir julie gemaak het, en die
hemel as 'n gewelf, wat reen uit die wolke afstuur om vir julie vrugte as
voedsel te laat voortspruit. Laat daar dan geen ander gode naas Allah
wees nie terwyl julle hierdie dinge weet.

23. En as julle twyfel aan die dinge wat Ons aan Ons dienaar3 ge-
openbaar het, bring dan 'n soortgelyke hoofstuk voort, en roep jul hel-
pers buiten Allah aan, as julle die waarheid liefhet.

24. Maar as julle dit nie kan doen nie- en julle sal dit waarlik nie kan
doen nie - waak dan teen die vuur waarvan die brandstof mense en
klippe is; dit is vir die ongelowiges berei. ?

25. En verkondig 'n blye tyding aan hulle wat glo en goeie dade
doen, dat daar vir hulle tuine is waardeur riviere vloei. Telkens as hulle
met 'n deel van die vrugte daarvan begunstig word, sal hulle se: Dit is
waarmee ons reeds voorheen gevoed is - want 'n soortgelyke deel word
hulle toebedeel. En daar sal vir hulle rein metgeselle wees om saam
daarin te vertoef.

26. Voorwaar, Allah ag dit Hom nie onwaardig om 'n muggie, of
enigiets graters, as 'n gelykenis voor te hou nie. Wat die gelowiges be-
tref, hulle weet dat dit die waarheid van hul Here is; en aangaande die
ongelowiges, hulle vra: Wat bedoel Allah met so 'n gelykenisl Baie
laat Hy daardeur verdwaal, en baie lei Hy reg daardeur. En Hy laat slegs
die oortreders daardeur dwaal,

27. wat die verbond met Allah verbreek nadat dit bekragtig is, en
van mekaar skei wat Allah gebied het om verenig te bly, en wat op die
aarde onheil bewerk. Hulle sal die verloorders wees.

28. Hoe kan julle Allah verloen, aangesien julle leweloos was en Hy
aan julie die lewe geskenk het? Hy sal julle laat sterwe en julle weer
lewendig maak, en julle sal na Hom toe teruggebring word.

29. Dit is Hy wat alles o p aarde virjulle geskape het, waama Hy hom-

3· Muchammad

5
   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23