Page 189 - Quran in Afrikaans
P. 189
HOOFSTUK V

DIE DAAGLIKSE BROOD

Afdeling I · Volmaaktheid van die Godsdiens van Islam

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.
I. 0 julie gelowiges, komjul verpligtinge na. Die viervoetige vee is

julie geoorloof, behalwe dit wat julie voorheen reeds verbied is, op
voorwaarde dat julie nie die verbod op hulle wanneer julie op die
bedevaart is, skend nie. Voorwaar, Allah gebied wat Hy wil.

2. 0 julie gelowiges, ontheilig nie die tekens van Allah nie, ook nie
die Heilige maand, of die offerande, of die offerdiere met die offer-
tekens, of hulle wat die Heilige Huis besoek om die Genade van hul
Heer en Sy welbehac te soek nie. En wanneer die pelgrims-verpligtinge
van julie af is, mag julie gaan jag. En mocnie dat haat- omdat hulle
julie toegang tot die Heilige Masiet geweier het -julie tot oortreding
aanspoor nie. En help mekaar in deugsaamheid en vroomheid, maar
staan mekaar nie by in sonde en geweldpleging nie, e~ kom jul plig
teenoor Allah na. W aarlik, Allah is 'n strenge Tugmeester.

3· Dit is vir julie verbode om die vleis van iets te eet wat vanself ge-
sterf het, of bloed, of varkvleis, of enigiets waaroor 'n ander naam as
die van Allah uitgeroep is, of'n verwurgde dier, of'n dier wat dood-
geslaan is of wat doodgeval het, of wat deur die horings van diere ge-
dood is, of waaraan die roofdiere gevreet het- niks behalwe wat u self
geslag het nie. Alles is ook verbode wat op stene geslag is wat vir afgode
opgestel is, of dit wat julie met pyle verdcel het,1 dit is 'n oortreding.
Vandag het die ongelowiges aan julie godsdiens gewanhoop. Vrees
hulle nie, maar vrees My. Vandag het Ekjulie godsdiens vervolmaak
en My guns aan julie voltooi, en Islam as godsdiens vir julie gekies.
Maar wie deur hongcr genoodsaak word, en dus nie met opset sonde
pleeg nie, sal Allah waarlik Vergewensgesind, Genadevol vind.

4. Hulle vra u wat hul geoorloof is. Se: Aile goeie dinge is julie ge-
oorloof, en watjulie die afgerigte diere en roofvoels van die jag geleer
het, soos Allah julie onderwys het, eet dus van wat hulie vir julie vang
en noem die naam van Allah daaroor; en komjulle plig teenoor Allah
na. Voorwaar Allah is gou om rekenskap te cis.

5· Aile goeie dinge is julie geoorloo£ Die voedsel van die Mense van
die Boek is julie geoorloof en julie voedsel vir hulie. En so is die

I. Waarvoor geloot is

74
   184   185   186   187   188   189   190   191   192   193   194