Page 83 - Quran in Afrikaans
P. 83
DEEL III

253 . Sommige van hierdie boodskappers het ons bo andere verhef.
En met sommige het Allah gepraat en ander het Hy trapsgewys verhef.
En aan Jesus, seun van Maria, het ons duidelike redeneringe gegee en
Hom met die Heilige Gees versterk. En het dit Allah behaag sou hulle
mekaar nie beveg het nadat duidelike bewys'e tot hulle gekom het nie.
Maar hullc het getwis; daarom het sommige geglo, terwyl auder on-
gelowig was. En het dit Allah behaag sou hulle nooit met mekaar geveg
het nie, maar Allah doen wat Hy wil.

Afdcling 34 · Dwa11g i11 die G(ldsdie11s Ve.rh(ldc

254. 0 julle wat glo, skenk van wat Ons aan julie gegee het, voor-
dat die Dag kom waarop daar geen handel, geen vriendskap en geen
voorspraak meer sal wees nie. En die ongelowiges - hulle is die kwaad-
doeners.

255. Allah!- daar is geen god behalwe Hy nie, die Ewiglewende,
die Selfbestaande deur wie alles bestaan. Hy sluimer of slaap nie.
Alles wat in die Hemele en op die aarde is behoort aan Hom. Wie
kan by hom intree sonder toestemm:ing? Hy weet wat voor hul was
en wat agter hulle is. En hulle kan geen deel van Sy kennis omvat nie,
behalwewaartoeHy toestem. Sy kennis strek oor die hemde en oor die
aarde, en die instandhouding van albei vermoei Hom nie. Hy is die
Verhewene, die Grote.

256. Daar is geen dwang in die godsdiens nie- die ware weg is in-
derdaad duidelik van die dwaling te onderskei. Wie dan die duiwel
verloen en in Allah glo het 'n sterk houvas gegryp wat nooit sal mee-
gee nie. En Allah is Alhorend, Alwetend.

257. Allah is die Vriend van hulle wat glo- uit die duisternis bring
Hy hulle na die lig. Maar die vriende van die ongelowiges is die dui-
wels, wat hulle uit die lig wegneem en na die duisternis lei. Hulle is
die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle vertoef.

Afrlding 35 · Hoe Dooie Volkere in die Lewe Geroep Word

258. Het julie nie van die man gehoor wat met Abraham gerede-
twis het oor sy Here, omdat Allah aan hom die koninkryk geskenk het

31
   78   79   80   81   82   83   84   85   86   87   88