Page 94 - Quran in Afrikaans
P. 94
:rgeet het of as ons 'n fout begaan het nie, Heer, en belas ons nie soos
U hulle v66r ons belas het nic. Onse Heer, straf ons nie met kwellings
wat ons nie kan uitstaan nie. En vergewe ons ons skulde. En beskerm
ons! En wees ons genadig! U is ons Beskermheer, skenk ons daarom
oonvinning oor die ongelowiges.

HOOFSTUK III

DIE FAMILIE VAN AMRAN

Ajdeling I · Reel van Uitleg

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.
r. AliefLaam Miem.1
2. Allah! Vaar is geen God nie behalwe Hy, die Ewiglewende, die

Selfbestaande, deur wie almal bestaan.
3· Hy het die Boek aan u geopenbaar ooreenkomstig die vereistes

van waarheid en regverdigheid, sodat dit kan bevestig wat voorafge-
gaan het; en Hy het die Tora en die Evangelic vantevore geopenbaar
as 'n Ieiding vir die volk, en daama het Hy die Furqan2 gestuur. Hulle
wat nie in die boodskappe van Allah glo nie- op hulle wag 'n smartlike
straf. En Allah is Almagtig, die Heer van Vergelding.

4· Voorwaar, niks op aarde ofin die hemel is vir Allah verborge nie.
5· Dit is Hy wat julle in die baarmoeders na sy behae vorm. Daar is
geen God nie bchalwe Hy, die Almagtige, die Alwyse.
6. Dit is Hy wat die Boek aan u geopenbaar het; en sommige van die
verse daarirz is gebiedend en vorm die grondslag van die Boek; maar
daar is ook ander wat sinnebeeldig is. Hulle wie se harte afkerig is,
soek die sinnebeeldige verse om dit te verdraai en hul eie uitleg daaraan
te gee om sodoende daarmee te mislei. En niemand ken die juiste
uitleg daarvan nie behalwe Allah en hulle wat diep gewortel is in die
kennis. Hulle se: Ons glo daarin, dit kom alles van ons Here. En nie-
mand trek daar lering uit nie behalwe die mense wat verstaan.
7· Onse Heer, laat ons harte nie afwyk nadat U ons op die regte weg
gelei het nie, en wees ons genadig. Voorwaar U is die Barmhartige.
8. Onse Heer, waarlik, U is die Versamelaar van Mense op 'n dag
waaroor daar geen twyfel is nie. Voorwaar, Allah breek geen belofte
nie.

1. Ek is Allah, die Alwetende 2. Die Qur'an
   89   90   91   92   93   94   95   96   97   98   99